This brand-new Afrikaans bundle is perfect for young children between the ages of 2 and 8 (even older).
Each of the eight beautifully illustrated books has been specially selected to make storytime a fun and exciting time for both caregivers and little ones.
Diep Diep in die Donker Bos
"Wie woon nog in die diep en donker bos?" wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit 'n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie...
'n Kind bly 'n kind
Die twee padda-kinders is heeltemal alleen in die wêreld. Wat moet van hulle word? Die lyster, die krimpvarkie en die mol is raadop. Maar gelukkig weet Mamma Muis wat om te doen, want ...'n kind bly 'n kind! 'n Simpatieke prenteboek oor skeiding, afskeid en 'n nuwe begin, en die waarheid dat alle kinders eenders behandel wil en moet word.
Een vir almal, almal vir een
Almal het swakhede en ook goeie eienskappe, maar saam is ons baie sterk! ?n Muis, wat goeie planne kan maak; ?n mol, wat goed kan ruik en maklik die pad kan kry; ?n padda, wat wonderlik ver kan spring; ?n krimpvarkie, wat sy maats kan beskerm en ?n lystertjie, wat namens die ander kan praat. Een vir almal en almal vir een! So word baie drome waar!
Gee my ‘n drukkie!
Klein Elvis se grootste begeerte is om in iemand se arms toegevou te word. Maar helaas – niemand wil vir die stekelrige klein krimpvarkie ?n drukkie gee nie! Elvis dwaal deur die stad, die park en die hospitaal op soek na ?n drukkie. Hy is byna moedeloos toe hy iemand hoor se: “Wil niemand vir my ‘n soentjie gee nie?” Dalk is hierdie nuwe vriend die antwoord op Elvis se eie wens: “Gee my ‘n drukkie, asseblief”.
Maar hy't dan meer as ek!
Fia en Fabie, die klein jakkalsies, baklei gedurig oor wie die meeste het om te eet. Hulle wil hulle mamma oortuig dat geen kind maklik sy goed met ander deel nie en gaan kuier by hulle bure. Maar by die Eekhoring-, Beer- en Takbokgesinne stry die kinders ook oor wie die meeste het! Dis eers as hulle twee baie honger muisies ontmoet dat Fia en Fabie besef 'n mens moet met ander deel ... uiteindelik wen jy ook iets!
Klein Grillie Spinnekop
Klein Grillie Spinnekop spring op ’n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het `n ander antwoord ... `n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.
Katjie: 'n Kwaai Katjie
Dit is die storie van ’n katjie. Elke oggend kraai Haan die dorpie wakker. Maar hierdie keer hoor Katjie hom nie ... daarom is hy regtig-egtig in ’n baie slegte bui! Dit is nie net die storie van ’n katjie wat kwaad is nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy jou emosies kan beheer en jouself kalmeer – die lewe is mos baie beter so. Ontspanningsterapie gee speelse wenke aan die kind om in beheer van sy eie liggaam en emosies te wees. Dit gee die kind selfvertroue deur sy eie superkragte te ontdek ...
Katjie: 'n Selfsugtige Katjie
Dit is die storie van ’n katjie wat alles vir homself wil hê. Hy deel nie sy speelgoed nie en stoot die ander katjies uit die pad om eerste te wees. Nou wil niemand meer met hom speel nie! Dit is nie net die storie van ’n katjie wat alles vir homself wil hê nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om te deel en uiteindelik lekker saam met jou maatjies te speel. Ontspanningsterapie gee speelse wenke aan die kind om in beheer van sy eie liggaam en emosies te wees. Dit gee die kind selfvertroue deur sy eie superkragte te ontdek ...
The stats we're presenting here are based purely on our staff, who make up a tiny percentage of the general population, but they tell us that 100% of our staff that ordered something online exhibited signs of excitement when that thing was delivered.
We know the saying "Money can't buy happiness", but you don't often see someone crying on a jetski - and not just because all that water splashing around would make it hard to identify the tears in the first place.
Although we do have to ask: if our savings are this good, shouldn't we be calling it discount therapy instead?